Richardsbaai -- Amazing Race
Richardsbaai, oftewel Umhlathuze is geleë aan die Noordoos-kus van KwaZulu-Natal so 150km noord van Durban. Die hawe word ... Richardsbaai, oftewel Umhlathuze is geleë aan die Noordoos-kus van KwaZulu-Natal so 150km noord van Durban. Die hawe word bestempel as die besigste in Afrika en ook een van die wêreld se hoofhawes sover dit diepseewater-verkeer aangaan. Die area is wonderskoon en Paul pak die uitdaging van 'n Amazing Race aan met volle geesdrif. Hy moes egter bereid wees om 'n bietjie te swoeg en sweet, want sy teenstander is Oud-Springbokheelagter Theo van Rensburg. Michelle Steyn van die plaaslike Toerismeburo verduidelik die reëls van die wedloop. Daar is sewe bestemmings waarvan Imvubu Lodge, die plek waar Paul tuisgegaan het, een is. By elke nuwe bestemming is daar 'n nuwe leidraad wat die twee dan nader aan die groot prys bring. Om te sien wie op die ou einde die eerste prys behaal....kyk Pasella hierdie Sondag om 16H30 op SABC 2. (more) (less)
Richards
Bay
Channels:
Cities, Towns & Places
Added: 1317 days ago by
gary
Views: 371 |
Comments: 0
Not yet rated